Follow us on Facebook Re a Lora on Instagram Location Contact Us

Tel: +27 (0) 64 040 4302

Eensydige besluite skaad wildbedryf - Charl van Rooyen (Landbou.com)

Verskeie lande in Afrika was die slagoffers van eensydige besluite, soms deur regerings, wat nie net hul jagbedrywe raak nie, maar hul eie ekonomieë.
Eensydige besluite deur regerings en instansies raak die wildbedryf nadelig, het mev. Adri Kittshoff-Botha, hoof uitvoerende beampte van Wildbedryf Suid-Afrika, op die negende internasionale wildboersimposium in Windhoek gesê.

Voorbeelde van sulke eensydige besluite wat die Suid-Afrikaanse wildbedryf benadeel, is onder meer 2015 se besluit deur lugdienste om nie langer jagtrofeë te vervoer nie, sonder om eers samesprekings met die staatsdepartemente te voer wat ook geraak kan word, asook Australië se verbod dieselfde jaar op die invoer van leeutrofeë wat wettig gejag is.

Ander lande in Afrika was ook al die slagoffers van sulke eensydige besluite, soms deur regerings, wat nie net hul jagbedrywe raak nie, maar hul eie ekonomieë.

Sy het gesê dikwels word die plaaslike gemeenskappe wat voorheen voordeel uit jag getrek het, van dié inkomste ontneem met die gevolg dat hulle dan swaarder as voorheen kry. So is meer as Zimbabwiese 700 000 huishoudings geraak deur die Amerikaanse vis- en natuurlewediens se verbod op die invoer van olifanttrofeë in 2014, ondanks die feit dat olifante hul oeste dikwels verwoes.

Die oplossing vir die toekoms is beter kommunikasie en navorsing om persepsies uit te skakel.