Follow us on Facebook Re a Lora on Instagram Location Contact Us

Tel: +27 (0) 64 040 4302

Namibiese boere gaan met buffels boer - Charl van Rooyen (Landbou.com)

Namibië het met stappe begin om siektevrye buffels uit Suid-Afrika in te voer, met inagneming van die nodige wetgewing.
Namibiese wildboere sal eersdaags met buffels kan boer, het mnr. Phamba Shifeta, minister van die Omgewing en Toerisme, het op die negende internasionale wildboersimposium in Windhoek  aangekondig.

Namibië het slegs ‘n klein kudde siektevrye buffels in die Waterberggebied. In die noorde, waar siektes,soos hondsdolheid met behulp van die sogenaamde rooilyn (‘n wildheining wat oor die breedte van die land strek) van die res van die land weggehou word, is buffels, maar hulle kan nie toegelaat word om na wildplase geneem te word nie uit vrees dat siektes sal versprei.

Nou het Shifeta se departement met stappe begin om siektevrye buffels vanaf Suid-Afrika in te voer, met inagneming van die nodige wetgewing oor dieregesondheid. Dit sal wildboere dus in staat stel om vir die eerste keer met buffels te kan boer sodat hulle ook in die voorspoed kan deel wat met hoë pryse in Suid-Afrika gepaard gaan.

“Ons moedig kommersiële boere aan om gemengde boerderye te hê wat ook wild insluit om risiko’s te verlaag. As die droogte baie langer duur, sal net sulke boere oorleef. Wild sal dan vir hul trofeë verkoop en gejag kan word om vir ‘n inkomste te sorg,” het hy gesê.