Follow us on Facebook Re a Lora on Instagram Location Contact Us

Tel: +27 (0) 64 040 4302

Wintervoer kan jou wildbelegging maak of breek - RE A LORA

Rye-gras word daagliks vars gesny vir wild

Hoekom belê wildboere groot geld in wild maar bespaar dan op voer-onkostes?

Sukkel jy om al jou vroulike diere dragtig te kry?

Sukkel jou vroulike diere om hul kalwers/lammers voldoende melk te gee?

By Re a Lora glo ons dat kwaliteit voer, veral gedurende die wintermaande, krities belangrik is vir top produksie.

Vir die afgelope twee jaar produseer ons al suksesvol ons eie ru-voer.

Hoekom baie winsgewende gewasse onder spilpunte opgee ten einde ons eie voer te produseer?

Sodoende kon ons kwaliteitbeheer uitoefen en kon ons dus gerus wees dat daar geen gifplante of drade in die voer is nie, en ook dat die voer optimale omstandighede geniet het tydens produksie. “What you put in is what you get out”.

Ons pas spesifieke beginsels toe omdat ons met herkouers boer, Dr Wesson van Rensburg verduidelik hieronder verder:

Re a Lora Winter-Voerbeginsels

Ons voer ons diere ru-voer en ook muesli pille op ʼn Ad Lib basis. Die Ad Lib-beginsel verseker dat diere kan eet soveel as wat hulle wil, gevolglik voer ons genoeg sodat daar altyd ‘n bietjie voer oorbly teen die volgende dag. Ons verseker ook dat daar genoeg gras in die veld beskikbaar is deur deeglik beplande wisselweiding.

Algemene beginsels:

Herkouers het 'n komplekse spysverteringstelsel, sensitief vir 'n drastiese verandering in dieet. Dit is basies 'n fermentasie-tenk met lewendige bakterieë wat vertering fasiliteer. 'n Skielike verandering in die dieet veroorsaak dat hierdie bakterieë afsterf en kan veroorsaak dat vertering tot stilstand kom. Wat lei tot 'n laer na nul voedselinname. En uiteindelik word dood veroorsaak deur honger.

Hierdie bakterieë kan sterf binne 3 dae indien geen voer beskikbaar is nie. Begin die dier dan wei kan hy sterf van ooreet, want daar is geen bakterieë om te help met vertering nie.

Enige verandering in dieet moet geleidelik wees. Dit sluit hoeveelhede sowel as samestelling van die dieet in. As voer verhoog word, moet dit geleidelik gedoen word oor 'n 2-week periode. Streef na 'n voedingskema-roetine wat voer min of meer op dieselfde tyd elke dag.

Voerbakke moet genoeg en wyd versprei wees. Alle diere moet in staat wees om te eet op dieselfde tyd, anders is die bakke te naby aan mekaar of is daar nie genoeg bakke nie. Dit is om kompetisie te vermy. Moenie op die grond voer nie, dis ten einde inwendige parasiete te verminder. Verseker genoeg skoon drinkwater altyd in 'n veilige omgewing.

Vir meer inligting rondom ons voer-beginsels, kontak: Dr Wesson van Rensburg (082 578 1391)

Indien jy belangstel om van ons surplus ru-voer te bekom, kontak: Zander Muller (082 300 7655)